Jukskei players discussing strategy

Meer oor Visarende

Ons streef daarna om familie en vriende as ‘n reënboognasie te verenig deur verhoudings te bou gebaseer op Goddelike beginsels deur middel van sport (jukskei).

Hier leer familie en vriende mekaar beter ken – asook nuwe vriendskappe gebou – deur middel van gesonde kompetisie.

Missie

  • Om jukskei dae te open met skriflesing, gebed, lofprys en aanbidding.
  • Om ‘n geleentheid te skep vir opbouende samesyn tussen alle kultuurgroepe.
  • Om ‘n platform te skep wat gesonde waardes en familiesamesyn promofeer.
  • Om te investeer in langtermyn vriendskappe.
  • Om ‘n interaktiewe netwerk vir sosiale jukskei klubs te bou.
  • Om skole te assisteer met jukskei afrigting.
  • Om skole-, jeug- en sosiale jukskei toernooie aan te bied.
  • Om sosiale jukskei op verskeie plase te ontwikkel.
  • Om plase aan te moedig om verhoudings te bou en by mekaar in te skakel om jukskei te speel.
  • Om ‘n platform te skep vir korporatiewe jukskei-dae wat alle kultuurgroepe betrek.