Terme en Kondisies
Ons jukskei klub onderneem:
- Om te deel in Visarende se visie en waardes, ten alle tye te streef om dit toe te pas en dit uit te voer wanneer die geleentheid aangebied word.
- Om geen alkohol te misbruik nie.
- Om geen wangedrag toe te laat by die geleentheid nie.
- Om slegs taalgebruik van 'n respektabele aard toe te laat, sodat elke persoon, ongeag ouderdom, gemaklik en welkom sal voel by die aangeleentheid.
- Om respek tussen spelers en toeskouers aan te moedig, ongeag watter kultuur hul is.
- Om volle verantwoordelikheid te neem vir die dag wat aangebied word.
Visarende behou die reg voor om op eie diskresie enige gebeurtenis en/of instansie van ons webtuiste te verwyder.