Visarende

Visarende Jukskei Opedag

12 May 2018 All day

Visarende Jukskei Opedag

Visarende sal hulle eerste jukskei opedag aanbied in die Paarl op De Poort se bane, waar daar 50 jaar laas 'n toernooi gespeel was. Kom geniet die dag saam met ons vol lekker aktiwiteite.

Dit sal 'n tradisionele jukskei opedag wees, met 'n kinkel in die kabel. Bring die hele familie saam.

Datum: 12 Mei 2018

Tyd: 09:00 - 16:30

Inskrywings: Sluiting datum 8 Mei 2018

Inskrywings by: Pieter Oelofse | pieter@familyfirst.co.za | 0834590787

Afdelings: 2 opeafdelings, 'n span moet verkieslik uit A, B en C spelers bestaan

Plek: Visarende Jukskeibane

Koste: R100 per span

Kontak Persoon: Pieter Oelofse | Kontak ons HIER

Dinge-om-te-weet: Daar sal boerewors rolletjies te koop wees vir middagete met lekker koeldrank en nibbels deur die dag. Ons gaan na die dag se spel 'n vuurtjie opsteek en saam lekker kuier en lofliedere sing. Bring asseblief jou eie kampstoel saam.

Belangrike kennisname: Daar sal geen punte kaarte wees nie, individuele pryse sal via geluktrekking geskied. Daar sal ook 'n spesiale trekking wees vir 'n familie span.